16 April 2016: Port Canaveral
After a very rough night at sea we arrived in Port Canaveral early this morning with strong winds blowing and rain.During the night i woke up with a flash of light only to discover it must have been lightning some place in the ocean and we still joked don't feel like swimming tonight! So woke up this morning feeling tired want is maar benoud as die water so teen ons ou venstertjie vas
slaan en jy wonder gaan hulle vanaand die luike kom toemaak maar gelukkig was dit nie nodig nie.
Terwyl ek vir liefie sit en wag op die port toe kom die brandweer daar aan met n geraas en nie lank na hom nie die ambulans toe weet ek ,ok hier is weer moeilikheid en dink net asb tog nie liefie se afdag kanseleer nie maar gelukkig is hulle baie gou daarna weg met die pasient,ek sit nog en gesels met n ou tannie van San Francisco toe maak hy sy verskyning en toe is dit tyd om die taxi te vat. n Heerlike koppie koffie altyd n moet as ons by die mall arriveer en toe is dit sterk staan met die stadige wi-fi,gelukkig na n rukkie besluit nee wat gaan kyk of ons nie op n ander plek iets vinnigers kan kry nie en wraggies jackpot en liefie kon al sy goed afgelaai kry in n jap trap.Ken nou al die ropes so eers weer by die kafee n draai gemaak vir stash!! soos die kinders sal se, lekkers!!!Daarna weer met die local taxies terug skip toe vir my laaste week hierso.Die weer nog omgekrap so sal maar sien wat wag vir ons.More is ons in Key West en wil my laasste draaie gaan loop want een van my geliefkoosde plekke,hoop kan nog n paar fotos neem ,wens regtig kon langer daarso wees want so baie om te sien en te doen,old town en holiday feeling in die plekkie.Nou oppad diep see toe en so pas die pilot afgelaai so nou op ons eie met ons kaptein en sy span aan die stuur.Ons ry vreeslik stadig want dink nie Key West vreeslik ver van hieraf nie.Kan nie onthou of ek al vertel het nie maar jy kan met n pad ry van Miami tot in Key West en tot daarso n klomp klein stukkies land wat met brue verbind is ,nogal amazing en dit is die verste punt aan die onderpunt van America,n kyk op die kaart die moeite werd.Wel tot more mooi loop.
17 April 2016: Key West:
Arrived in Key West on a rainy morning and docked in the army navel base so were taken to downtown with the conch trolleys and buses.Royal Caribbean was docked in downtown so that is why we had to dock in the navel base area.Not a big issue i quiet like the ride with the trolleys only thing you have to leave time to get back to the ship in time.So off i went leaving hubby behind and decided to first go exploring before i was going to get a few things we needed.Got carried away with the old beautiful buildings and homes.Would love to know what these homes are sold for,must be very expensive!Only 2 ships in town so was not to hectic.Walked passed one of the restaurants against the waterfront with plates of seafood that looked amazing and really delicious.After my rondloping i decided to sit on the pavement in front of Starbucks and there i stayed for at least an hour while downloading my magazines and must say sitting in one place and just watching the people go by was very interesting and amusing.Well,must admit don't think i would do the same at home anyway i was just very glad to be able to connect to the internet.Sure enough when we got closer to the ship another flashing red light and an ambulance waiting for a patient, so knew hubby had been busy. Lucky for the patient,came just in time before we were off to sea and only getting to Georgetown on Tuesday morning and are not docking but tendering, which i don't think is very nice when you are sick and have to go to hospital.Sea Ambulance!!!The sea looking better that the last 2 days and calmer,thank goodness.So until next time,bye
18 April 2016: @ SEA
Gisteraand was die see darem bietjie rustiger en baie lekker geslaap so was reg vir my gym sessie vanoggend.In die stoomkamer het ek n ouer dame gekry wat lus was vir gesels en my vertel het in die kamer geval en moes n draai maak by die mediese sentrum maar gelukkig het x stale gewys haar bene is nog sterk en geen been breuke,het toe niks verklap dat sy seker vir manlief gesien het nie, nie lank na die gesels toe gese nee nou gaan sy eers in die sauna sit en gedink ok die ou tante is taai!! eers stoombad en dan nog n sauna daarna.Ek moet passop vir flou word!! na 10 min stoomsessie wat nog te se 15 min stoom en dan nog sauna,teen daai tyd sal hulle seker die mediese ouens moet kry om my te lawe!!Het mos my groot skrik gekry met een so n lang sessie toe ek wou flou word en moes gaan sit in eetsaal met kop tussen my bene!! so van toe af is ek maar skrikkerig vir die sweet sessie.Lekker ontbyt geeet op dek 12 en darem vandag heel aangename dag so passasiers kon buite le en son kry.Vergeet dat die land so groot is en dat baie dele vir lang tye net sneeu sien en vrek koud is so geen wonder hulle vlug hierheen nie en wil dan heeldag in die son wees.Ek wil more in Georgetown dalk gaan swem met die stingrays en snorkel in die mooie helder water want min swem ingekry sover.Lyk my ek het ook alle inhibisies oorboord gegooi wat betref eet en myself beheer,eet te lekker en sleep arme liefie saam,elke aand is dit poeding!!! so lyk my baie slegte invloed maar geukkig gaan die ou grys duiwel amper huis toe dan is liefie weer op die regte pad. Hee Hee!!So tot more mooi loop.
19 April 2016: Georgetown Cayman Islands
Well what a surprise i was in for ,had the time of my life swimming with the wild Atlantic stingrays 30 min sailing from Dolphin Cove in Georgetown. Definitely a high light and another excursion i would recommend to anybody,a must do,it was awesome! My wildste drome oortref en nooit gedink die diere sal my so betower nie.Seker soos so baie in die lewe nie ingelig nie en maak verkeerde gevolgtrekkings.Hulle sag en glibberig,wil ook nes die dolfyne heeltyd aan hulle vat.Is vanoggend op die pier opgetel en met bussies aangery na die Dolphin Cove Pier waar ons eers voorgestel is aan n paar papagaaie en toe kon ons die dolfyne weer bekyk voor ons met n boot na die wereld bekende stingray city sandbar geneem is.Ogies was weer groot want n sterk wind waai en see baie choppy maar het die groen lig gekry en daar klim ons en weg is ons die siep see in,na so n rukkie klink die enjin van die boot so bietjie anders en jy sien die kaptein luister ook so en wraggies nie lank na dit nie kom hy uit met n besemstok en n skroewedraaier en ek dink vir myself ok hier is dit nou !!!! enjin het nie gaan staan nie maar hierdie prentjies se mos alles daar is iets nie lekker nie maar dank die HERE lyk my hy het die storie gou uitgesorteer en ons is voort asof niks gebeur het nie.Na so 25 min het ons by die sandbank uitgekom met vele ander bote wat reeds geanker was en vir ons ook n plekkie gekry.Ek was so opgewonde dat ek na die 3 de persoon ook die water in is ,in die helderste water denkbaar.Omtrent so 2/3 meter diep op plekke en in baie dele kan jy staan en net jou kop steek uit.Was nie lank nie toe kom die stingrays aangeswem en van hulle is groot seker so 1 meter en groter en natuurlik ook kleintjies, einaardige gevoel weet nie of jy moet stil staan, swem of wat nie maar toe ons eers aan hulle gevat het was die koel deur die kerk,verlief!
Soft,gentle and gracious sou ek hulle beskryf. Kon hulle vashou,vryf en soen gee, ongelooflik en om te dink hulle is wild en in die groot oseaan,natuurlik geweet kos is oppad so daarom so ingezoem op ons.Die kos gee was aanvanklik ook n skrikkerige storie maar was vir my so awesome dat ek hulle 3 keer gevoer het,hulle gee vir jou n groot stuk kalamarie en jy hou dit onder die water dan kom die groot plat stingrays en kom suig die kalamarie uit jou hand met n sterk suigkrag, ongelooflik amper soos n stofsuier,wou net nog en nog net soos n kind en dit terwyl jy in die kristal helder water rondstaan/swem/float.Natuurlik vir ons ook gevaarsku oor ander visse wat ook lus is vir n maklike ete so die was ook in die omtrek.Ook gese moet voete op die sand hou en nie op hulle staan nie want dan steek hulle of skok hulle vir jou.Almal op ons boot het dit vreeslik geniet en se dit was beslis n high light van hulle week sover so ek bitter dankbaar het dit gedoen, wou eintlik n ander toer doen maar dit was gekanseleer en die was plan B maar beslis die moeite werd.Sal my fotos opsit dan kan julle sien hoe dit gelyk het.Teen die tyd wat ons by die downtown uitgekom het was dit weer tyd vir tenderboot vang terug skip toe, so geen rondloop vandag nie maar dood tevrede want what a blessing om dit te kon beleef.Vanaand my buskaartjie lughawe toe bespreek so oortjies hang want nie lus om vir liefie agter te los nie maar nou ja deel van die pakket!Nou ja mooi loop tot more
20 April 2016: Ocho Rios Jamaica
Our last visit to this place for this contract and must say the downtown and docking area not a place i would like to come back to.Hubby first had his normal safety drill and then we hit the streets again but today we were lucky no rain, so could have a nice look around while on our way to downtown.Had our usual offer for green grass to smoke and taxi drivers trying to get you to join them for a ride to there local visitors attractions.Would like to visit the Dunn Falls and go bamboo river rafting if we ever do come this way again but would not do it on my own but through the ship.Heard some other guests talking about the roads and the driving and sounded scary so that is why i would not do anything here on my own.Did our stop for breakfast and wi fi and then we headed for the park where i got hubby to sit for a selfi en dit het weer mooi praat gekos!!! So until tomorrow ,bye
21 April 2016 : @ SEA
Vanoggend wakker geword en sommer geweet hier is griep aan die kom.In die nag het liefie heeltyd gese ek voel warm maar dan se ek nee ek is fine en kan onthou het vreeslik baie water gedrink wat vir my ongewoon is.Wel was nie lank nadat ek opgestaan het nie ,toe voel ek mislik en toe liefie my op die bed kry na ontbyt toe skop dr in en uit kom die oor termometer en wraggies ek sit met n koors van 39.1 so my siek voel het n rede!Is natuurlik dadelik n paar pille ingejaag en het vir die res van die dag bly le en regtig sleg gevoel,aan en af geslaap en net gehoop ek voel beter voor ek moet afklim en vlieg.Het nog n aandete afspraak met die res van die mediese span gehad maar net gese daar is geen manier hoe ek dit sal kan bywoon nie dood bang ek word siek aan tafel en wat n gedoente sal dit nie afgee nie ,so my plek gekanseleer vir die aand.Moet se na my 2 de tammie flu pil die aand het ek darem weer soos mens begin voel en na n goeie nag se slaap het dit darem baie beter gegaan.Lyk my die nuwe pil werk beslis,ons ken dit glad nie. So die see dag was n le dag en vas aan die bed dag.
22 April 2016: GSC
Had a good nights sleep and felt tons better this morning so very very thankful,told hubby you forget how it feels when you are really feeling sick,not a nice feeling,not interested in anything just want to lie flat ,so glad the pills seem to have sorted out the flu or stopped it in its tracks,amazing.Was so worried about feeling terrible and 3 days of travel waiting for me before i get home on Tuesday.Hubby on duty on the island today so decided to get off and join him for a while otherwise i only see him after 5 this afternoon and am leaving early tomorrow morning.The sea choppy and wind blowing so eyes are big after my last encounter with ruff seas and tendering!!! Joined them in the medical centre and only went to the stalls to get a fridge magnet and then straight back to the ship after that ,so am not 100% !!! On a private island and did not even go for a walk or swim,definitely not the normal me.Then it was time to pack and then the worst part leaving my dear husband behind.Getting off tomorrow and will be sleeping over in Orlando before i catch my flight via Dubai to Zumaland,hee heee.Have to sleep over in JHB because my flight only lands late on Monday night and no flights to PE. So the end for this trip until next time God Bless.