24 March 2016:
Well arrived in Orlando at 12h00 yesterday,after leaving home 31 hours ago!!! Krom getrek na 2 vlugte met erge turbulensie.Weg uit Port Elizabet op n pragtige sonskyn dag met geen wind en so n mooi uitsig uit die lug oppad Johannesburg toe. HUIS/HOME
Well, i was in for a surprise for as the wheels left the tarmac, our bumpy ride started all the way to Dubai and little did i know the same bumby ride was going to last all the way to Orlando.When am i going to get use to flying!!!
Flying, suitcases, ships, the sea and not knowing where our next destination is ,my life for now.Amazing hoe aanpasbaar n mens is, ek die een wat alles vooraf wil reel en beplan maar nou ingebreek skop nie meer teen die prikkels nie.
Op ons vlug van Oliver Tambo was 80 mense van 1 maatskappy oppad na Indie vir 2 weke van pret cricket en plesier,en plesierig het dit gegaan veral na n paar doppe!Dink nie hulle het te fris gevoel toe hulle in Dubai kom nie en moes daarso ook nog 4 ure wag vir hulle volgende vlug.
Was eindlik lekker om net tyd te he om in Dubai bene te rek en bietjie uit te strek op van daai le banke voor die baie lang vlug na Orlando ,15 ure 30 min later!!
Gelukkig paar lekker programme gekry, that tickle my fancy, so dit het my besig gehou maar wraggies die laatste 4 ure was krapperig,genoeg is darem genoeg.
My 2 ou pers tassies met hulle polka dots stikke het my ingewag in die luggage area en was ek bly om hulle te sien,toe is ek vinnig deur n self check in customs n eerste vir my,en natuurlik net toe ek in die ry inval voor die customs offical lui my selfoon en ek weet dis liefie wat my soek,maar hy moes maar wag want met die manne soek jy mos nie moeilikheid nie.
Teen die tyd voel ek nie meer te fris nie en ruik ook nie meer te fris en vars nie maar gelukkig het n lekker bad en skoon wit bed gewag. Na n heerlijke bad is ek teen 5 uur in die bed en daar het ek gebly tot die volgende oggend. Heerlik geslaap en soos n lang kat die hele bed vol gele,snaaks hoe waardeer jy klein gewone dingetjies wat jy andersins so van selfsprekend aanvaar,om te kan le!!
Nou ja tot more mooi loop.
25 March 2016: Orlando
Moet bieg het n ou slaap pilletjie geneem en teen 4 uur vanoggend toe is ek klaar geslaap en ek so wakker soos n akker! My gordyne oopgemaak en gesien hoe die son opkom op die Paas Vrydag oggend in Orlando,was eintlik spesiaal.Kon darem voor ek weg is by die huis my Paasfeest decor uitsit vir die familie by die huis.Het die dag hierso eers in die gym en toe later by die swembad spandeer,hoop ek kan more loop na my eerste dag in die gym vandat ek laas op die skip was!!! Gevoel soos ou masjien wat eers moet loskom en paar krake en geluide gemaak.Omdat dit Paasnaweek is moes ek vroeg vlieg en 2 aande in hotel bly voor ek by liefie aansluit.Heel middag gereen so net die regte weer vir in die bed bly en nie sleg voel oor dit nie,so more is ek reg vir liefie,uitgerus!!!!
No comments:
Post a Comment