26 Maart 2016:
Vanoggend weer vroeg wakker en reg vir my volgende paar weke op die see.Klim vanoggend op die skip in Port Canaveral en het nog nie eers regtig gekyk na ons roete nie,solank ek by liefie is is als reg!Weet hy darem opgewonde oor my kuier want hy is 5 weke gelede al weg by die huis so voel soos n ewigheid.Ouma het paaseiers vir hom gestuur en lekker tuisgemaakte beskuit ingepakwat ek self gemaak het !!! rooibos tee en five roses!!Op TV gesien hulle voorspel vreeslike reen en donderstorms vir die hele paasnaweek so wie weet wat wag op ons,vat dit maar soos dit kom.My rit vanoggend van die hotel na die skip was met n baie intressante taxi drywer wat al 26 jr dit doen en hy se hy staan bekend as die man met die ponytail moet erken lyk bietji wild maar baie aangenaam gewees en te lekker gesels,klomp stories oor die Amerikaanse politiek,gesondheids sisteem en Kuba,sy arme vrou le by die huis met n rugprobleem en lyk my dis ook maar raak en skraap om die punte bymekaar te kry.Toe die slegte nuus dat ons R/$ so sleg is ,so my tip maar n bitter klein ietsi.Rit hierheen omtrent 55 min van die hotel in Orlando.Lyk my Orlando n sentrale punt in Florida en van hier ry almal in alle rigtings.Ek was al voorheen hier met n dag besoek met n vorige skip maar nie vir my n baie mooi plek nie,Key West vir my pragtig.O ja moes lag die hotel het hom gekontak om vir my te kom optel en toe hy my sien toe wil hy weet ,are u the captains wife!!!! Weet nou nie hoe lyk n captains wife nie maar hopelik positief en nie negatief nie,maar n seeman en matroos is mos n ander ding! heehee,die wilde woeste krulle het seker gelyk soos n seeman se vrou.
Ons klim op in n nuwe terminaal wat behoort aan ?Royal Carribean en moet se is pragtig en splinter nuut baie goed georganiseerd lyk nes n lughawe.Haal spesiaal al my juwele en ringe af voor ek deur sekuritiet gaan en vergeet van my belt toe is dit eers my lang top oor my kop trek om by belt uit te kom en afhaal en weer probeer,en die lyfie onder die lang rok not a pretty sight in n wit broek nie,hy is toe natuurlik die skuldige ding wat alarm laat afgaan en hierso is hulle mos baie paraat.Wel en nou wag ons vir 11.30 om aan boord te gaan en dan begin my 7 de cruiseliner cruise. Ek weet ,wat n voorreg en is dankbaar, hoop ek kan darem my kind ook sien in die tyd maar lyk my die huil nie vreelik oor haar pa en ma nie,werk lekker ,bly lekker en kuier lekker,dink ook sy weet n groot voorreg vir die geleentheid,nou ja tot more mooi loop.
27 Maart 2016: Nassau
Gister so net na 12 uur, droe land verlaat vir die volgende 4 weke van skip lewe en is so beeindruk met die pragtige ou skip waarop ons nou seil,gee jou so n ou gevoel van terug gaan in tyd,die stoele in die biblioteek het my laat dink aan die ou spoorwee se rooi leer stoele behalwe die is blou en gebruik! ingesit! Statig,geraamde fotos van seilbote van toeka se dae en ou tydse navigasie uitstallings,pragtig.My aanboord gaan het darem glad verloop en moes lag vir myself toe ek vra van watter foon kan ek vir liefie bel toe dink ek die outydse fone op die skip is uitstallings en nie die ware Jakob nie.Sal op FB my fotos laai vir kyk en wys.My arme man se kamer het binne 2 ure verander van kaal mure na beplak en opgedoen met al my goeters ,juwele en fotos en notas,Groet die Grotman was in die kol net die toilet hulle eie!!!!gelukkig hou hy van my teenwoordigheid!!!
Ons bed het vir n verassing gesorg toe ons albei gelyk op sy eenkant gaan sit en die toe TIP,lekker gelag,gelukkig betyds ons val gestop.Die keer weer in n piep klein kamer maar ons badkamer
groter,1.5x1m amazing hoe jy aanpas en jou heel tuis maak en doen met wat jy het.Die aand kon ons saam op dek12 gaan eet met die hele plek vir onsself want lyk my teen 8uur die aand was al die passasiers al uitgeeet aan al die lekker kos met sailaway.Oooooo en was die kos vir my lekker na my 2 dae in die hotel met gemorskos se etery,lyk my so bietjie sonder goed klaar kom n goeie ding want wanneer jy dit weer kry waardeur jy dit net soveel meer.Liefie het by n pasient n groot bottel rooiwyn en glas gekry so ek dink ek gaan sommer n ou snetsie elke aand vat tot dit op is!!
Vanoggend is ons vroeg wakker gemaak met n pasient met nierstene, maar ek is toe verras met n lekker koppie koffie en 2 puff pastry koekies ,so baie beeindruk, koffie in die bed met my verjaarsdag.Later die dag is n bord met aarbeie wat in sjokelade gedoop is afgelewer by die kamer so kan glad nie kla oor bederf nie en wraggies nog n koek gekry wat se Happy Birthday toe ek na n rondloop bo in die kamer kom, moet nog uitvind wie dit gereel het om dankie te kan se.
Ons eerste stop was Nassau en kon darem n gym sessie inwerk en toe eers in die stoomkamer n draai gemaak en te lekker in die passasiers area gestort en aangetrek voor ek weggele het in die salm vir ontbyt.Baie lekker en die hele plek vir myself want al die passasiers klim af vd dag en ek nie haastig nie want kom mos weer.Ek en liefie eers laat afgeklim en toe n draai gemaak by Duncan Donuts en vir my n pragtige skildery gekoop van die lighuis in Nassau wat my al so lankal betower of met my praat!! Die man was besig met die skildery toe ons by hom aankom en wat dit vir my nog meer spesiaal maak is geteken met my verjaarsdag datum op dit,soooo baie spesiaal en my verjaarsdag present van liefie.Amazing,Paas Sondag ,my verjaarsdag en lighuis present gekry,
SPECIAL.Nou ja tot volgende keer mooi loop.
28 March 2106: @ SEA
Today we are at sea and we are rocking and rolling,sea up side down and not happy!Well last night we had our supper on deck 12 again but my wine glass and red wine was in the cub-bard in the cabin so had to have my glass of wine after supper in my bed!!!Never done that before but as they say there is always a first time.So mev drinking wine in bed and liefie just looking!!! will have to take a pic of me having wine in bed! Then we took a pic of me and my birthday cake that was delivered to the room.Here you seem to do funny things ,last time we ate cake with a tung spatula this time we were lucky and had a teaspoon.I only had a small bite and when i woke up this morning the whole cake was gone,so hubby got stuck in during the night.Also met 4 very friendly guys on our way so supper that hubby helped when one of them collapsed last week,they from Mauritius and just kept saying he must come and they will treat him, sounds good!!!!So they seem to be very thankful for his help. Hubby working today but will be off in St Thomas tomorrow so looking forward to walking around together.Looking through the itinerary of the 2016/7 list and some really nice places like trips from Copenhagen to Barcelona,Rome to Dubai,Dubai to Singapore,Singapore to Hong Kong,Hong Kong to Sydney,Sydney to Auckland,Dubai to Venice,Canary Islands,Holy Lands,Iceland & Faroe Islands,Baltic Capitals and many more,sounds so exciting so come on family and friends start saving ,places to go people to meet!!!!Amazing how the different ships have different feelings or auras to them,the older folk love the smaller ships that also seem to have a rustiger feeling to them,i then fall under the older folk because i also prefer them.Sitting in the library typing my blog, for the room stuart busy cleaning our big! room,he comes form Belize.Decided that even if i only write this blog for myself,one day when i am sitting on my stoepi in 16 Marine Gardens with my tea and rusks, i will be able to read through it and remember all the things we
Experienced,memories.Have brought lots with to do but as always don’t even get half of it done.
Bye for now.
29 Maart 2016: St Thomas U.S.Virgin Islands
Vanoggend 11h00 hier aangekom en gin wonder hulle het n pilot nodig nie want hier en daar steek daar rotse kop uit , oppad na die hawe.Wat gelyk het na n mislike dag ,het toe heel lekker uitgedraai en na n skip inspeksie kon ek en liefie afklim.Ons dok toe vandag heel aan die ander kant van die gewone hawe want die groot skepe dok aan daai kant en ons moet tevrede wees met 2 de plek!!Ons skip natuurlik baie kleiner as die ander skepe wat tans ook in St Thomas is vir die dag.Eintlik spyt want die ander deel vir my mooi en baie nader aan die midde dorp so dis of taxi vat of stap as ons na daardie dele toe wil gaan.Vandag het ons besluit om net weer rond te le want liefie het n besige nag gehad so min geslaap ,so n le onder die palm bome het na n beter opsie geklink en dis toe presies wat ons gedoen het,n ander couple het hulle hammok tussen 2 palm bome vasgemaak en net daar uitgekamp met al hulle besittings!!! Baie lekker gelyk en heel gemaklik,so lyk my dis hoe jy dinge doen hier in St Thomas,seker die goedkoop manier van travel.Daar het ons toe vasgehak en kon darem bietjie wi-fi kry maar dit was ook maar vrek stadig maar beter as niks.Voor ons het die USB n klein bootjie onder hande geneem en omtrent deursoek maar lyk my die arme man is toe
later losgelaat toe hulle niks kry nie,was natuurlik n hele zoer polisie wat rongestaan het.Terug op die skip was dit weer tyd vir tee en langs ons skip was n Sea Dream Yacht 2 so hulle vas my tydverdryf terwyl ek tee drink.Seker net vir die rykes en hooi palooi want rooi mat was uit en gaste reg langs die skip op die kaai afgelaai met pik swart taxis en spesiale orkes wat hulle verwelkom,gelyk asof hulle almal so pas van die lughwe gekom het, seker ingevlieg om by die skip aan te sluit.Die lughwe net om die draai en as ek tyd het wil ek met volgende besoek weer die strand daarso besoek wat baie lekker was met vorige kuier behalwe dat ek my byna dood geloop het en vrek ver,weet nie of ek meer lus is vir dit nie,dink ek gaan in liefie se beursie invaar vir taxi geld,met eerste besoek wil mens mos soveel sien en beleef maar daarna raak ek luierig.Ons nou eers weer oor 2 weke hierso want volgende week doen ons n ander roete.Ek sit alweer in die biblioteek met n uitsig oor die seiljagte en die laat middag son wat wil wegraak oor die koppetjies,prentjie mooi.Vertrek vanaand 7 uur van hieraf na Tortola British Virgin Islands en baie opgewonde want ek is bespreek om more een van my bucket list goed te doen,te swem met die dolfyne!! Moet nou net duim vashou dat dit n mooi dag gaan wees.Lyk my ek nog nie gewoont aan al die vars seelug nie want dood vaak elke aand en natuurlik die rowwe rit hierheen met al die gewieg help ook nie, dit sus jou mos eers aan die slaap, te lekker.Gehoor van n strand Magens Bay wat so mooi is en wil ook kyk of ek nie dalk daarso kan uitkom nie,is glo een van die top 10 strande in die wereld,eintlik op die vliegtuig gehoor hoe mense van dit praat en se dis n moet,so ons sal sien.Nou ja tot volgende keer mooi loop.
No comments:
Post a Comment